PhotoCafe | The Home of Photography

Sussie gaan see toe

Terug in die land van die lewendes is ons weer, en dit voel goed. Nie dat enige iemand kan kla om heel dag in die son te sit en niks doen nie.  So sit ons toe nou in die son en eet, toe ek die man en vrou, Thinus en Ingrid sien sit met ‘n klein baba varkie. Ek kon dit nie glo nie, n vark op die strand. En ek het gedink vrouens wat met hul poedels oral rondloop is “kitch”.

Ek het al gehoor mense hou varke aan vir troetel diere, maar het dit nog nooit van naby beleef nie. So ek moes kennis maak. Die vark se naam is Sussie, sy is swart en nog net drie weke oud. Haar ma het die kleintjies begin eet, ja, dit is wat varke doen ”vreet hul kinders op”, en dit is hoekom sy so gou weggeneem is. Party mense beweer dat die soort vark ‘n beter troeteldier is as ‘n hond en blykbaar slimmer ook. Ek weet nie so mooi nie, maar die vark is nou eers drie weke oud, en alreeds ge “potty train”.

Sussie se snoet en ore voel soos sagte rubber en haar haartjies is nog baie sag. Sy is regtig te oulik. Ek wou weet wat sal gebeur as Thinus haar los, wat hy toe ook doen, en daar trek sy weg met ‘n spoed, gelukkig was sy baie lus vir die mense wat net agter agter hulle gesit het se boeke, anders weet ek nie hoe sou hulle haar gevang het nie.

:-) :-) :-) Sussie :-) :-) :-)

 

0698web

0697web

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | 1 Comment »

Wees gegroet..

0470web 

Wees gegroet Gauteng, sien jou later.

Die laaste paar dae was lank, of so het dit gevoel.  Maar darem staan die tyd nie stil nie, en nou is ons uiteindelik oppad na ‘n plek van geen verkeer, niks wat al jou aandag op een slag vereis nie, glad nie Tv nie, die radio vang nie eers ‘n stasie op nie, en die beste van alles is dat jy moet inry dorp toe vir selfoon opvangs. Hoe wonderlik.

:-) :-) :-) :-)

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | No Comments »

Kat voetjies.

My oupa Roodt het ons geleer van kat voetjies. Hy sou altyd sy katte vashou en vir ons sê om te voel hoe sag is die kussingkies waarop hulle loop. Dit is hoe ek hom onthou. Elke keer as ek oor Dali of Vinci se pootjies vryf, hulle hou natuurlik glad nie daarvan nie, dan dink ek aan my oupa.

Kat pootjies is soos magnete, ek kan dit nie uitlos nie, en dit is altyd mooi, van die dag wat hulle gebore word tot die dag wat hulle doodgaan.

0083web

9129web

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | 2 Comments »

Soen Hom….

Ons familie was nog altyd baie lief om te soen. As kind was dit vir my vreeslik om by die familie te gaan kuier want jy moes almal soengroet.

So was  ”Ag gee hom n vet soen” my eerste reaksie toe ek die foto van Chante geneem het met die oulike hans kalf.  Sy het ook nie op haar laat wag nie, en het hom ‘n soen gegee wat hy seker nooit sal vergeet nie.

 

 

 

8727web

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | 1 Comment »

Februarie

Februarie was nog altyd vir my ‘n spesiale maand, dit het seker te doen met die feit dat my ma die elfde Februarie verjaar.  As ek haar (my ma) moes annaliseer volgens haar sterreteken, sou ek heeltemal uit die bus geval het.  

Ek pos vir julle n blommetjie. Dit is die twee en dertigste foto wat ek op Flicr gepos het vir die jaar. 

As julle al die ander wil sien kan julle gaan kyk by, http://www.flickr.com/photos/32586806@N03

Groete en liefde vir julle.

9211aweb 

 

 

 

 

 

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | 2 Comments »

Stok Gogga

Ek sit nou hier met myself en wag vir nege uur sodat iemand my stywe seer nek, wat al so voel vir drie weke,  uit te sorteer. Persoonlik het ek nog nooit gehou van massering nie, want dit gee my ‘n vreeslike hoofpyn, maar ek kan ook nie meer, na n hele paar Voltaren pille en ‘n Voltaren inspuiting so mislik voel, en wees nie.  Dit is wanneer ek so voel en dit net ‘n seer nek, dat ek weereens weet, die grootste seëning is om gesond te kan wees.

Die stywe nek laat my nou dink aan die stok gogga wat ek afgeneem het in die week.  Die outjie is so oulik en lyk presies soos ‘n stokkie.  As hy nie sulke groot ogies gehad het nie, het ek sowaar verby hom geloop, dalk nog van die muur afgevee ook. Nou hy het net so n stywe nek :-) soos ek.  Ek het gaan oplees oor “Stick Insects”. Ongelukkig kon ek nie veel uitvind van sy spesie nie,(daar is 3000 spesies regoor die wêreld)  maar die goedjies is nogals baie gewild. Daar is self mense wat hulle aanhou as troeteldiere, verbeel jou dit, hoe druk jy n stok gogga teen jou vas? :-) Party van hulle word baie groot, tot vyf en veertig sentimeter, en die wyfies is altyd groter as die mannetjies. Die enetjie was so vyf sentimeter. Hulle kan nie vlieg nie en eet plante, Dankie tog, met sulke kake vrees ek vir die lewens van on katjies.

8586web8583web8582web

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | No Comments »

“Blue Moon”

En met die selfde spoed waarmee die ou jaar weg-geglip het, het  die nuwe jaar ons bespring.

Maar voor ons heeltemal van die ou jaar vergeet wil ek darem net nog een ietsie van 2009 met julle deel.  Die laaste aand, 31 Desember 2009, was volmaan.  Nie net n gewone volmaan aand nie.  Dit was “Blue moon”

Asterix het ons die ding vertel, van die maan.  Sy sê, “   

Die saying “once in a blue moon” hou tot ‘n mate verband met die blue moon gebeurtenis wat op oujaar te siene was, maar het oorspronklik ‘n ander betekenis gehad, en het met tyd verander tot wat ons vandag ken as die “once in a blue moon” wat beteken skaars of absurd.  Die saying was eers: If they say the moon is blue, we must believe that it is true.  Amper iets soos vandag se, so waar as wat gras groen is, tipe van saying.

 Die blue moon is basies ‘n ekstra vol maan. Daar is gewoonlik 12 vol mane in ‘n jaar, maar elke twee tot drie jaar is daar 13.  Hoe gebeur dit is wat ek wou weet, en het die antwoord gekry: daar is 12 vol maan siklusse, maar in die ‘solar’ (ek weet eweskielik nie wat die afrikaanse woord daarvoor is nie – ai), in die solar calendar jaar is daar ongeveer 11 ekstra dae as dit vergelyk word met die ‘lunar year’. So die ekstra dae hoop op en dan kry mens die blou maan.

 Die volgende blou maan sal eers in augustus 2012 (2 Augustus en 31 Augustus) wees.  Wat wel interessant is, en miskien die oujaars blou maan spesiaal maak, is dat die volgende oujaars blou maan eers weer in 2028 gesien sal word.  Dis eers oor 18 jaar van nou…

Dankie Asterix.

8329web8323web

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | 1 Comment »

‘n Sprokies land van liggies

‘n Gedeelte van die tuin by Emperors Palace is omskep in n sprokies tuin van liggies. Wanneer jy daar binne is raak jy weg in n wereld waar fee verhale waar word. Ek het myself nog nooit soveel liggies bymekaar gesien nie.

Met Kersfees ‘09 wat ook nou verlede tyd is, mag ons liggies helder skyn in 2010

8229web

8250web

8256web

8276web

8272web

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | No Comments »

God’s Meesterstuk

My ma het toe sy jonger was oulike sê-goed, stories en gedigte wat sy raakgelees het, bymekaar gemaak, en dit in ‘n boek geplak.  Daardie jare,die sestigs, so is die gevoel wat ek maar het, was ‘n  romantiese en intieme tydperk. Meisies het soos meisies aangetrek en hulself mooigemaak, gediggies geskryf en baie liefdes liedjies gesing.  Mans het soos mans aangetrek en alhoewel die hippies lang hare gedra het, het hulle broeke ten minste nie soos rokke onder hulle boude gehang nie.  

Maar terug na die boek. Vandat ek kan onthou, en kon lees, was dit seker my heel gunsteling boek. Ek kon weer en weer en weer deur die boek lees, en elke keer was dit so lekker. En daar is van die gedigte wat nog altyd vlak in my geheue lê.  Soos die een wat ek vir julle pos. Elke keer as ek n babatjie sien dra my gedagtes die gediggie voor.

Ongelukkig weet ons nie wie die digter is of was nie, so as dit dalk jou oom of tannie of ‘n kennis is, wat die gedig geskryf het, se asseblief dankie namens my, dit is pragtig.

God’s Meesterstuk

 

Van slanke spierwit Lelies

Weef God ‘n vel so rein

Gee ogies van Vergeet-my-nietjies

En vorm ‘n baba klein.

 

Hy neem ‘n Tulp wat nooit verwelk nie

‘n Tulpie rooi en rond

Nooit was voorheen deur al die eeue

‘n Mooier sagter mond.

 

Hy gebruik ‘n ligrooi roosknop

Van die mooistes wat daar groei

Plant dit in die wange kuiltjie

En beveel dit daar te bloei.

 

Met Sy heilige hande pluk Hy

Toe twee Purperwindjies wit

Krul en vorm hul vir twee oortjies

Styf aan die hofie vasgesit.

 

Stuifmeel strooi Hy op die hofie

Die goudmeel uit die blommeryk

Daar sal weldrae deur Sy seën

Harelokkies weelderig pryk.

 

Uit blaartjies van die Madeliefies

Maak Hy vingertjies so rein

En tien troetelbare toontjies

‘n Sneeulokkie vorm die neusie so klein.

 

Hierdie aard met al sy rykdom

Was deel van God’s skepping sin

Maar n baba bly Sy meesterstuk

Vandat die lewe het begin.

Digter onbekend.

 

Marlie Viljoen                                                                               

8037web8047bwweb8019web

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | No Comments »

Afdag

Vir die van ons wat vir n “baas” of soos sommiges, meer as een “baas” werk, is daar seker niks lekkerder as ‘n vakansie dag nie.  Dit is soos om ‘n dankie gesenkie te kry. Die ooreenkoms tussen die twee is,  jy vra nie daarvoor nie en jy betaal ook nie daarvoor nie.

Die verskil tussen die twee is, ‘n “dankie  geskenkie”  kry ons van iemand, wat dit wat jyself gedoen of gegee het, regtig waardeer, die “af dag” kry ons om dankie te sê, of om ’n groot gebeurtenis te herdenk wat deur iemand anders gedoen is.  

En? Ek wonder net somtyds oor mense, ek natuurlik eerste in die ry. Hoe is dit dat ons ‘n “afdag” wat soos n geskenk is (verniet en onverdiend)  kry, en geen idee het waaroor dit gaan nie. Dit is mos nie moontlik om nie, te weet waarvoor iemand jou n “dankie geskenk” gee nie?

As ek myself nou moet antwoord sou ek sê,

1. Daar is so baie vakansiedae geen mens kan kophou nie.

2. Ek het nie in ‘n nou familie opset groot geword waar daar enigsins iets gevier was nie, behalwe kersfees, en dit het ons gerespekteer soos n Sondag.

3. Ek is nie patrioties nie, so vir my part kan die tipe vakansie dae maar geskrap word.

Dan natuurlik onthou ek ook nie so goed nie, en dit het niks met ouderdom te doen nie, sê maar eerder ek het nie n goeie semantiese geheue  nie. :-)

Ek weet nou gister was Rekonsiliasie dag, en het so min of meer ‘n idee waaroor dit gaan. En al mag dit so wees dat ek weer die detail vergeet, sal ek dankbaar wees vir so n bietjie af tyd, wat maar net daar is, jaar na jaar en dit met oordeel spandeer.

Hoop julle het n wonderlike Rekonsiliasie dag gehad.7400aweb

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized | No Comments »

« Previous Entries