PhotoCafe | The Home of Photography

Geduld

October 28th, 2009 by esme

Om in Johannesburg te woon moet jy spoed hê. Behalwe vir dit wat met staatsinstansies te doen het, gebeur dinge vinnig. Ons ry vinnig, eet vinnig en koop net so vinnig. Geboue gaan oornag op soos paddastoele. Kelners is nooit vinnig genoeg met die kos nie. As dit reen, is al wat ‘n netwerk is te stadig na almal se sin. En so kan ek aangaan en aangaan. ‘n Vreeslike gejaag is dit alles. Die gejaag kweek ongeduldigheid, ons almal ly daaraan. So  raak ons somtyds buite beheer en word iemand van wie jy jouself nie eers hou nie.

 

So sal ek iets wat ek graag wil doen of dalk moet doen uitstel en somtyds glad nie doen nie, omdat ek nie tyd het nie, en die hele proses vir my lyk of dit te lank kan neem. En dan is ek later  spyt en teleurgesteld.

 

Daar was n projek in die April/Mei uitgawe van PIX  wat ek van toe af al dreig om te doen, en die naweek het ek besluit, kom hoog of laag, maak nie saak hoe lank dit neem nie, ek gaan dit doen van die begin tot die einde, en ek belowe om nie ongeduldig te raak met enige iemand nie.

 

Eers moes ek ‘n raam maak wat met material oorgetrek is. Die material was ‘n splinter nuwe spierwit kussingsloop, wat ek al 2 jaar terug by my ma gekry het. Sy gaan so vies wees as sy weet ek “moes” die sloop sny. Jammer Mammie. Die raam moes ek koop, sommer n goedkoop houtraam. En die kontrepsie wat hom laat regop staan het my “darling” vir my aanmekaar gesit.  Dan nog die lampie, gekleurde gloeilampe –wat n plaas se prys is- en cellofaan, vir ingeval die gloeilamp se kleur nie helder genoeg is nie. Net om al die goed bymekaar te kry was al klaar n halwe dag se geskarrel.  En toe is dit speeltyd.

 

Dit was aan die einde van die dag alles die moeite werd, en weereens word ek bewus gemaak dat alles wat jy doen n proses is waarin jy sekere stappe moet volg, en elke stap neem sy tyd. Ek kan nie in my motor klim en woeps binne 2 sekondes is ek twintig kilometer verder presies waar ek wil wees nie. Nee, ek moet die motor aanskakel die hek oop en toe maak. Stop by elke stop straat, geduldig wees met die ou oom wat nie so lekker weet waarheen hy wil draai nie. Uitkyk vir “taxis” wat voor my inry, ensovoorts.

 

Dit laat my dink aan wat Arnold Glasow gesê het: Geduld is die sleutel tot alles. Jy kry die kuiken deur die eier te laat uitbroei……nie deur dit stukkend te breek nie.

Die benodighede    set up                                                                                                                      En na bietjie samewerking en geduld, die eindproduk,   greenweb

Blueweb

Arries choiceweb                           Redweb

                                                                                           

 

 

 

 

 

Share and Enjoy:
  • Print this article!
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Mixx
  • Google Bookmarks

Posted in Uncategorized

3 Responses

  1. Dorie Meeding

    Hi Essie, dis ek Dorie, jong hierdie fotos is nou baie mooi, jy kan maar hoor, baie intersante projek en baie eenvoudig om te maak, en kyk nou die eindresultaat, baie, baie mooi kleure, blou my “favourite”. hou so aan.

  2. Arra

    Weereens WOW!!! Keep it up…sal binnekort my bestelling by jou insit vir ‘n unieke kuns stuk :-)

  3. Mari

    Es daai groen borrels is my “flafroute flafroute” een.

Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment. There is no need to resubmit your comment.