Stok Gogga
Ek sit nou hier met myself en wag vir nege uur sodat iemand my stywe seer nek, wat al so voel vir drie weke, uit te sorteer. Persoonlik het ek nog nooit gehou van massering nie, want dit gee my ‘n vreeslike hoofpyn, maar ek kan ook nie meer, na n hele paar Voltaren pille en ‘n Voltaren inspuiting so mislik voel, en wees nie. Dit is wanneer ek so voel en dit net ‘n seer nek, dat ek weereens weet, die grootste seëning is om gesond te kan wees.
Die stywe nek laat my nou dink aan die stok gogga wat ek afgeneem het in die week. Die outjie is so oulik en lyk presies soos ‘n stokkie. As hy nie sulke groot ogies gehad het nie, het ek sowaar verby hom geloop, dalk nog van die muur afgevee ook. Nou hy het net so n stywe nek
soos ek. Ek het gaan oplees oor “Stick Insects”. Ongelukkig kon ek nie veel uitvind van sy spesie nie,(daar is 3000 spesies regoor die wêreld) maar die goedjies is nogals baie gewild. Daar is self mense wat hulle aanhou as troeteldiere, verbeel jou dit, hoe druk jy n stok gogga teen jou vas?
Party van hulle word baie groot, tot vyf en veertig sentimeter, en die wyfies is altyd groter as die mannetjies. Die enetjie was so vyf sentimeter. Hulle kan nie vlieg nie en eet plante, Dankie tog, met sulke kake vrees ek vir die lewens van on katjies.



Posted in Uncategorized





