Sussie gaan see toe
Terug in die land van die lewendes is ons weer, en dit voel goed. Nie dat enige iemand kan kla om heel dag in die son te sit en niks doen nie. So sit ons toe nou in die son en eet, toe ek die man en vrou, Thinus en Ingrid sien sit met ‘n klein baba varkie. Ek kon dit nie glo nie, n vark op die strand. En ek het gedink vrouens wat met hul poedels oral rondloop is “kitch”.
Ek het al gehoor mense hou varke aan vir troetel diere, maar het dit nog nooit van naby beleef nie. So ek moes kennis maak. Die vark se naam is Sussie, sy is swart en nog net drie weke oud. Haar ma het die kleintjies begin eet, ja, dit is wat varke doen ”vreet hul kinders op”, en dit is hoekom sy so gou weggeneem is. Party mense beweer dat die soort vark ‘n beter troeteldier is as ‘n hond en blykbaar slimmer ook. Ek weet nie so mooi nie, maar die vark is nou eers drie weke oud, en alreeds ge “potty train”.
Sussie se snoet en ore voel soos sagte rubber en haar haartjies is nog baie sag. Sy is regtig te oulik. Ek wou weet wat sal gebeur as Thinus haar los, wat hy toe ook doen, en daar trek sy weg met ‘n spoed, gelukkig was sy baie lus vir die mense wat net agter agter hulle gesit het se boeke, anders weet ek nie hoe sou hulle haar gevang het nie.
Sussie


Posted in Uncategorized






June 14th, 2010 at 2:59 am
Mis jou updates, lanklaas iets nuuts gesien